Booker-prys

Moenie verwar word met die Internasionale Booker-prys nie.
 Man Booker-prys 

Toegeken vir Beste oorspronklike roman, geskryf in die Engelse taal, en gepubliseer in die Verenigde Koninkryk
Borg Man Group
Land Vlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk
Datum Jaarliks rondom Oktober
Vorige naam Booker-McConnell-prys
Eerste toekenning 1969
Webtuiste themanbookerprize.com

Die Man Booker-prys (Engels: Man Booker Prize) word jaarliks toegeken aan skrywers vanaf die Britse Statebond of Ierland.[1] Die prys is in 1968 deur Booker Plc ingestel. Om die kwaliteit van die prys te waarborg word beoordelaars onder kritici, skrywers en akademici uitgesoek. Sedert 2002 staan die prys as die "Man Booker Prize for Fiction" bekend, na aanleiding van 'n borgskap deur die maatskappy Man Group plc.

Aan die begin kon slegs burgers van die Britse Statebond, Ierland en Suid-Afrika (en later Zimbabwe) in aanmerking kom om die prys te ontvang. Maar in 2014 is hierdie geskiktheid uitgebrei na enige Engelstalige roman.[2]

Die wenner van die prys ontvang 'n bedrag van 50 000 pond sterling.[3]

  1. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8
  2. (en) "Meet The Man Booker Prize 2014 Judges". 12 Desember 2013. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 November 2019. Besoek op 20 November 2020.
  3. (en) Reëls en inskrywing vir die Booker-prys

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search